Wees n vriend.Bemoedig iemand anders.Neem tyd om, om te gee.Wees n seëning vir ander. Laat jou woorde heelmaak en nie seermaak nie. Gee aan Hom al die eer. Wees dankbaar. Laat die Here jou gebruik en deur jou werk. Lewe vandag n mooi en goeie lewe, want vandag kom...
Baie dankie aan Ons Gryse Jeug Sentrum vir Bejaardes Sasolburg!
Ons Gryse Jeug het my in November genooi vir n praatjie met hulle inwoners. Ek was egter die een wat met n skatryk hart daar uitgestap het. Nie alleen het ek die voorreg gehad om in hulle wysheid in te koop nie, maar die hartlikheid en die warmte wat ek na afloop van...
Soms word ons so vasgevang in ons eie weergawe
Soms word ons so vasgevang in ons eie weergawe van ons lewensplan vir onsself, dat ons van Sý weergawe vergeet. Soms moet ons net bereid wees om stil te raak. Stil te raak en te luister. God is besig om jou daagliks voor te berei vir Sy plan met jou lewe. Ons vergeet...
Vandag wil ek hê dat elkeen wat n alleenpaadjie stap
Vandag wil ek hê dat elkeen wat n alleenpaadjie stap, moet weet dat jy nie alleen stap nie. Daar is ander wat ook húlle alleenpaaie stap. En al verstaan n mens nie mekaar se unieke paaie nie, moet jy weet dat jy nie alleen stap nie. Jy wat jou pad stap sonder n kind...
Vat soms n breek van uitputtende mense!
Soms moet jy net eenvoudig deurdruk om n bietjie groter afstand te kry tussen jou en moeilike mense. Daardie mense wat jou moeg maak. As jy vergeet het om iets met hulle te deel, dan word jy sagkens (of minder sagkens!) oor die vingers getik. As jy hulle nie altyd en...
November
Ons is nog nie heeltemal deur die jaar nie, maar die eindpunt wink al, né? Daar is iets rondom Novembermaand wat sê: Hou net aan! Ons begin bewus raak van die feesseisoen. Tog is daar baie mense wat wonder wáár presies hulle die feestelikheid binne hulleself gaan...
Kanker Oorlewingsdag
Iemand wat terminale kanker gehad het, het gesê: “Moenie vir my jammer voel nie...ons is almal toeriste, in en van die lewe...geniet die lewe, besoek plekke, doen goeie dade, gee aandag aan jou familie en vriende. Ek gaan net vroeër vertrek van hier af as...
Jy HET waarde!
Waaraan meet jy jou waarde? Wees nou eerlik met jouself, hoeveel kere meet jy nie jou waarde aan ánder se terugvoer nie? Aan hoe ánder mense jou waarde sien nie. En dan, sodra daar iemand op jou pad kom wat nie jou waarde kan of wil raaksien nie, dan voel jy...
Hoe kry jy dit reg…
Hoe kry jy dit reg om elke oggend op te staan en jou uitdagings in die gesig te staar?Hoe kry jy dit reg om uit te hou, om aan te hou?Hoe kry jy dit reg om nie elke dag in n hopie te gaan sit nie?Jy kry dit reg omdat jy nie n keuse gegee is in jou swaarkry nie.Jy kry...
Ek kies!
Ek kies om my lewe te deel met mense wat deel van my lewe WIL wees, mense wat omgee vir my.Ek kies om te léwe terwyl ek leef hier op aarde. Ek kies om te lag.Ek kies om elke dag met hoop aan te pak sonder dat ek weet wat die dag vir my inhou.Ek kies om op te hou stres...