Soms moet jy net eenvoudig deurdruk om n bietjie groter afstand te kry tussen jou en moeilike mense. Daardie mense wat jou moeg maak. As jy vergeet het om iets met hulle te deel, dan word jy sagkens (of minder sagkens!) oor die vingers getik. As jy hulle nie altyd en te alle tye in ag neem en voorop plaas nie, dan word jy kwalik geneem. As jy dit net waag om vir n tydjie stiller as gewoonlik te raak, dan is dit ‘ek hoor niks van jou nie!’ 
Ken jy ook sulke mense? Teen hierdie tyd van die jaar het mens nie nog krag vir uitputtende mense ook nie. 

Jy hoef nie skuldig te voel nie. Jy mág soms n breek vat. Jy hoef jouself nooit aan iemand te verduidelik nie. (Alhoewel ons dit tog steeds doen en ook skuldig voel, né.) Ek is jammer ek was so stil, maar … hoor ek myself gereeld sê. Jy ook? 

Nee jitte, soms het ek net n bietjie groter spasie rondom myself nodig om in asem te haal. En dit is dan ook wat ek doen. Ek vat soms n breek van uitputtende mense! Want hulle asem my asem op! En net vir die rekord:  Ander is welkom om n breek van mý te vat indien ék die uitputtende een is! 

NS
Voordat ek moet begin verduidelik aan sommige mense: Nie almal met wie ek lanklaas gepraat het is uitputtend nie! 🙈 Dalk was dit net die jaar wat uitputtend was, of wat dink julle? 

Share gerus hierdie post as die einde-van-die-jaar-gevoel aan jou hakskene begin knaag. 

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
#uitputtend #breek #moeilikemense #skuldigvoel #asemskep