Ons almal het drome. Jy het ook, né? Maar soms bêre ons, ons drome. Daar diep onder in die kas. Net soos wat jy n paar skoentjies van jou kind sal bêre omrede dit nie nou pas nie, maar hy/sy sal mos nog daar ingroei? En dan, dan vergeet jy daarvan en die dag waarop jy die kas uitpak en daarop afkom, dan het jou kind se voete reeds uit dit uitgegroei. 

Ons drome is ook soms so. Die tyd is nie altyd reg om n spesifieke droom na te jaag nie, dan bêre ons eers die droom. 
Of die droom pas nie jou of die mense naby aan jou nie, dan stel jy vir eers die droom uit.
Of die finansies ontbreek om die droom te kan waar maak en dus bêre jy die droom vir die dag wanneer jy geld het (wat gewoonlik nie gou is nie).
Of jy het nie ondersteuning in jou lewe om jou droom waar te maak nie, dan skuif jy die droom na die agterkant van die kas toe totdat dit sal ‘pas’.
Of jy het eenvoudig net nie die emosionele energie om jou droom gedrewe na te jaag nie, dan sien jy sommer maklik van jou droom af. 

Laat jy ook jou drome stof vergader agter in die kas, net soos daardie paar skoentjies? Dalk moet ons n bewustelike besluit neem om meer gereeld ons drome uit te haal en af te stof, dalk net is die tyd dan reg vir jou spesifieke droom. Ons wil tog nie altyd uit ons drome uitgroei net omdat ons vergeet het dat ons dit daar agter in die kas gebêre het nie, né. 

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/
#drome #skoentjies #afstof #dreamscancometrue