Wanneer jy worstel met n diep seer, n seer wat deur iemand anders veroorsaak is, is vergifnis nie net n eenmalige besluit wat jy moet neem nie, dit is n hele journey wat jy moet stap. 
TSukkel jy dalk om verby seerkry en verraad te stap? Hier is 7 stappe wat ek gewoonlik in baie meer diepte in my kantoor aanspreek:  

1. Vergifnis is n proses, nie slegs n eenmalige gebeurtenis nie. Dit is n journey, soms met baie kronkelings, wat gestap moet word tot by genesing. 
2. ⁠Vergifnis is vir jóú, nie vir die ander persoon nie. Jy vergewe die ander persoon vir jóú. Die fokus is op jou emosionele gesondheid, om beheer terug te vat van jou vrede en geluk. 
3. ⁠Eerlikheid teenoor jouself en teenoor God. Erkenning van die diepte van jou seer, van al die intense emosies, en om dit by God se voete neer te sit – dit kan ongelooflik bevrydend en genesend wees. 
4. ⁠Vergifnis beteken nie versoening nie. Om iemand te vergewe beteken nie dat jy noodwendig weer julle verhouding soos wat dit was, moet herstel nie. Soms is dit juis nodig om grense in julle verhouding te stel. Of die besluit te neem om die verhouding geheel en al te beëindig. 
5. ⁠Die krag van omgee en empatie. Om jouself in die skoene van die persoon te sit wat jou seergemaak het, kan n kragtige stap wees op jou pad na vergifnis. Jy moet jouself in staat kan stel om verby jou seer te kyk en die ander persoon se gebrokenheid raak te sien. Ja, dit is nie maklik nie, maar dit is baie nodig om hierdie deel te bemeester. 
6. ⁠Om die behoefte aan vergelding te laat gaan. Ons het gewoonlik n spontane behoefte aan reg en regverdigheid, aan ‘revenge’, wat gewoonlik in die pad van vergifnis staan. Hierdie deel is gewoonlik nóg moeiliker, maar jy kan nie aanbeweeg sonder om die behoefte aan revenge iewers langs die pad neer te sit nie. 
7. ⁠Praktiese stappe vir daaglikse vergifnis. In terapie kyk ons na praktiese riglyne en stappe om vergifnis deel van jou dag tot dag lewe te maak. Elke dag. Oor en oor. 

Dit is nie maklik nie, maar dit is baie belangrik vir jou gesond word om dit te vergewe wat jy nie kan vergeet nie. 
Om hom/haar te vergewe vir die onreg wat jy nie kan vergeet nie. Die onreg wat jy aangedoen is. Ja, jy gaan dit dalk nooit kan vergeet nie, maar jy moet die ander persoon steeds vergewe. Sewentig maal sewe keer. Jy wíl hul vergewe – want jy doen dit vir jóú! 

Matt 18:21-22
‘Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra:  “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen?  Selfs sewe keer?”  Jesus antwoord hom:  “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie, maar selfs sewentig maal sewe keer.”

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/
#vergifnis #journey #revenge #empathy