Ons Gryse Jeug het my in November genooi vir n praatjie met hulle inwoners. Ek was egter die een wat met n skatryk hart daar uitgestap het. Nie alleen het ek die voorreg gehad om in hulle wysheid in te koop nie, maar die hartlikheid en die warmte wat ek na afloop van die praatjie ervaar het, sal vir altyd kosbaar vir my wees. Die manier waarop sommige van die tannies dankie kom sê het, het my weereens laat besef dat ek maar net kan strewe daarna om so mooi van binne ouer te word. Tussen al die vriendelike bejaardes het ek n diep verlange na my eie ma en pa ervaar. Vandag bid ek vir elkeen van Ons Gryse Jeug Sasolburg se inwoners dat hulle kinders en ander geliefdes moeite sal maak met hulle, dat hulle net vir hulle lief sal wees. Want deur dit te doen, ontvang hierdie geliefdes, wie se lewens soms so besig is, soveel meer as wat hulle gee. Mag elke inwoner geseën word met daaglikse vreugde en vrede wat alle verstand te bowe gaan. 

Dankie Ons Gryse Jeug Sentrum vir Bejaardes Sasolburg, ek is verryk! 

Groete
Janine