Soms word ons so vasgevang in ons eie weergawe van ons lewensplan vir onsself, dat ons van Sý weergawe vergeet. Soms moet ons net bereid wees om stil te raak. Stil te raak en te luister. God is besig om jou daagliks voor te berei vir Sy plan met jou lewe. Ons vergeet dat ons nie die hele prentjie kan sien nie. God aan die ander kant, sien die hele prentjie en bepaal daarvolgens Sy lewensplan vir elkeen van ons se lewens. 

Onthou, die pad is reeds gelykgemaak en voorberei, Hy is net besig om jóú voor te berei. 

Jeremia 29:11
‘Ek weet wat ek vir julle beplan, sê die Here:  Voorspoed en nie teenspoed nie;  Ek wil vir julle n toekoms gee, n verwagting!’

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020

#toekoms #verwagting #lewensplan #voorberei #heleprentjie #stilword