Ek kies om my lewe te deel met mense wat deel van my lewe WIL wees, mense wat omgee vir my.
Ek kies om te léwe terwyl ek leef hier op aarde. 
Ek kies om te lag.
Ek kies om elke dag met hoop aan te pak sonder dat ek weet wat die dag vir my inhou.
Ek kies om op te hou stres oor wat ander mense dink van my.
Ek kies om op te hou stres oor wat ander mense sê van my. 
Ek kies om dinge waaroor ek nie beheer het nie, te los, te laat gaan. 
Ek kies om die mooi in ander mense raak te sien.
Ek kies om dankbaar te wees. 
Ek kies!

Gebed:
Here, vandag sê ek dankie vir elkeen wat kies om deel te wees van my lewe. Elkeen wat kies om die mooi in mý raak te sien. 
Here, dankie dat U gekies het om my te skape. Dankie dat ek EK is. Dankie dat U my geskape het om keuses te kan maak. 
Here, ek kies om vandag te lewe! 

Kies jy ook?

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020

#kies #lewe #lag #stres #keuse #dankie