Hoe kry jy dit reg om elke oggend op te staan en jou uitdagings in die gesig te staar?
Hoe kry jy dit reg om uit te hou, om aan te hou?
Hoe kry jy dit reg om nie elke dag in n hopie te gaan sit nie?

Jy kry dit reg omdat jy nie n keuse gegee is in jou swaarkry nie.
Jy kry dit reg omdat jy moet. 
Jy kry dit reg omdat jy sterk geword het, deur God se genade alleen. 

Onthou:  
Swaarkry kweek deursettingsvermoë. En deursettingsvermoë kweek hoop. (Lees dit weer)

Moet nooit die krag wat in jou swaarkry opgesluit lê onderskat nie! 

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020