Vandag wil ek hê dat elkeen wat n alleenpaadjie stap, moet weet dat jy nie alleen stap nie. Daar is ander wat ook húlle alleenpaaie stap. En al verstaan n mens nie mekaar se unieke paaie nie, moet jy weet dat jy nie alleen stap nie. 

Jy wat jou pad stap sonder n kind wat jy begeer.
Jy wat n pad stap met n kind met spesiale behoeftes.
Jy wat n pad stap terwyl jy jou bloukolle onder jou klere wegsteek.
Jy wat n pad stap van nie weet hoe jy jou rekeninge gaan betaal nie. 
Jy wat n pad elke dag werk toe stap waar jy geboelie en afgebreek word. 
Jy wat n pad stap van graag wil werk maar geen werk het om heen te gaan nie.
Jy wat n pad stap sonder daardie spesiale persoon wat reeds in die hemel is.
Jy wat jou pad stap met n chroniese siekte wat jou so moeg maak dat jy te moeg voel om asem te haal.
Jy wat n pad stap met kanker. 
Jy wat n pad stap met n kind wat baie siek is. 
Jy wat hier lees, wát jou uitdaging ookal is en wát jou pad ookal behels. 

En as dit jou nie help om te weet dat daar ander is wat óók hulle alleenpaaie moet stap net soos jy nie, vind dan jou hoop in die volgende: Daar is altyd een persoon wat daar is vir jou – JY! Moet nooit die krag wat in JOU opgesluit lê, onderskat nie. Moet nooit die waarde wat in JOU swaarkry lê, onderskat nie. 

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
#alleen #pad #swaarkry #alleenpad #krag