Ek het vir maande gebid, gedink, ge-oordink, herhaal, oor en oor. Meeste van alles gebid, want ek het geweet dat ek net by Hom n antwoord sal kry. Ek het gebid om n antwoord te kry of ek die volgende moet deel of nie. Ek het hierdie blad van my begin vir n paar...
Jy hoef nie jammer te wees
Jy hoef nie jammer te wees omdat jy JY is nie. Dit is tyd om te aanvaar dat dit presies is wie jy is. Jy mag net jouself wees. Jy mag tevrede wees met wie jy is. As mense hulleself uit jou lewe wil verwyder omdat jy is wie jy is, moenie hulle keer...
Een woord antwoorde
Die van julle wat al tieners grootgemaak het, sal die opskrif sommer dadelik snap. Ek glimlag eintlik baie daaroor, want dit is so kenmerkend van baie kinders vir n paar jaar lank. Dit is hoe n tipiese oggend in ons huis verloop wanneer ek my een seun wakker maak:More...
As dit goed gan met jou
As dit goed gaan met jou, laat dit goed gaan. Moet egter nie toelaat dat jou goed gaan na jou kop toe gaan nie. Bly altyd nederig, behou jou menswees in jou goed gaan. Behou jou dankbaarheid in jou goed gaan. Moenie nou dat dit goed gaan met jou, selfgesentreerd begin...
Dra jou kruis terwyl jy wag vir jou kroon.
Elkeen van julle het n kruis wat jy een of ander tyd swaar aan dra. Dalk nóú dra, vandag moet dra. Dit beteken egter nie dat jou lewe nie n doel het nie. Nee, jou lewe het dan juis n doel. JY het n doel. Moenie opgee op die lewe omdat jou kruis soms te swaar word nie....
Lank lewe Racheltjie de Beer!
Vererg ek my toe nou gister vir my een seun! Sê hy so ewe vir my dat Racheltjie de Beer nooit regtig was nie. Dit was klaarblyklik net n fabel. Nee regtig julle? Daardie storie het my so aangegryp, die onselfsugtige en brawe sussie wat verkluim het sodat haar...
Ek het n seun
Ek het eintlik 2 seuns, maar net een van hulle is vandag 16 jaar oud. Dit voel of ek gister nog met n doekesak oor my skouer gestap het. Ek wil geensins sê dat tyd verby spoed nie, ek wil eerder dankie sê dat ek vir elke oomblik van 16 jaar al die voorreg het om sy...
Liefde maak seer indien dit nie lewendig is nie
Die maand van liefde, Februarie, is weer op ons voorstoep. Vir baie n genooide gas, maar vir baie n onwelkome gas waarvoor nie reggemaak is nie. Orals word nou weer spesiale aanbiedinge vir Valentynsdag aangebied. Selfs dinge wat niks met liefde te doen het nie, kan...
Bekommernisse
‘Hulle wat alles in God se Hand los, sal uiteindelik God se Hand in alles sien’Ek dink nie ekself het so n groot probleem om my bekommernisse vir die Here te gee nie, maar o weë, waar my grootste uitdaging lê, is dat ek my bekommernisse so gou weer gaan terughaal, net...
Gratitude is the best Attitude
Daar IS elke dag iets om voor dankbaar te wees. Moet nooit die waarde onderskat om die dinge in jou lewe raak te sien waarvoor jy dankbaar kan wees nie. GRATITUDE IS THE BEST ATTITUDEHoop ons kan elkeen n naweek verder hê waar ons bewustelik fokus op elke...