Vererg ek my toe nou gister vir my een seun! Sê hy so ewe vir my dat Racheltjie de Beer nooit regtig was nie. Dit was klaarblyklik net n fabel. Nee regtig julle? Daardie storie het my so aangegryp, die  onselfsugtige en brawe sussie wat verkluim het sodat haar boetie kon lewe. 
Nou question ek sommer my hele opvoeding en verlede …

Kyk, ek het nou wel in n klein, plattelandse dorpie grootgeword, maar so agter was ons nou ook nie. As jou gr. 1 juf gesê het dat Racheltjie regtig was, dan was sy regtig. 
Racheltjie de Beer was n regte dogtertjie met n regte boetie in n regte storie, waaroor ek regte trane gehuil het. Ek glo dit al vir jaaaare en nou kom ontnugter my seun my so ewe ongeërg. 

Maar toe maar, terugkry gaan ek vir hom terugkry. Wanneer hy die dag kinders het, gaan ek hulle van kleins af vertel dat kersvader nie bestaan nie, dat die paashaas n fake haas is en dat die tandemuis se naam mamma of pappa is. Kry vir jou!!

Lank lewe Racheltjie de Beer! 

 Groete.
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#racheltjiedebeer #fabel #kersfeesvader #paashaas #tandemuis #brendanvorster