Jy hoef nie jammer te wees omdat jy JY is nie. 
Dit is tyd om te aanvaar dat dit presies is wie jy is. 
Jy mag net jouself wees. 
Jy mag tevrede wees met wie jy is. 
As mense hulleself uit jou lewe wil verwyder omdat jy is wie jy is, moenie hulle keer nie. 
As jy voel dat jy weggestoot word deur ander omdat jy JY is, gaan dan. 
Jy is nie hier op aarde om ander heeltyd tevrede te probeer stel nie. 
Jy is hier omdat jy JY moet wees. Uniek, daar is net een van jou (dankie tog, sal my man sê … 🤪). 
Wees die beste weergawe van wie jy is, van wie jy kan wees. Moenie n weergawe word van wie ander wil hê jy moet wees nie. 

Wees tevrede met wie jy is!

Groete