As dit goed gaan met jou, laat dit goed gaan. Moet egter nie toelaat dat jou goed gaan na jou kop toe gaan nie. Bly altyd nederig, behou jou menswees in jou goed gaan. Behou jou dankbaarheid in jou goed gaan. Moenie nou dat dit goed gaan met jou, selfgesentreerd begin lewe nie. Koester steeds die verhoudinge wat jy met mense naby aan jou het, dit is daardie mense wat dáár was vir jou toe dit nie goed gegaan het met jou nie. Moenie vergeet hoe moeilik dit is wanneer dit nie goed gaan met iemand nie. Sien steeds die mense rondom jou raak met wie dit nie goed gaan nie. Die pad wat jy nou stap is n pad wat uit genade aan jou toevertrou is, jy is nie op hierdie pad uit eie krag nie. Los jou pad skoon waar jy nou stap, want dalk moet jy more met dieselfde pad terugstap. 

‘Here, skenk almal met wie dit nie goed gaan nie, genoeg genade om hul medemens met wie dit wel goed gaan, te gun om op daardie pad te wees. En Here, skenk almal wat op n goed gaan pad is, die insig om daagliks te besef dat hulle baie mag het om ook andere op n goed gaan pad te plaas.’

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#goedgaan #genade #dankbaarheid #nederig #themustardseedwithin