Elkeen van julle het n kruis wat jy een of ander tyd swaar aan dra. Dalk nóú dra, vandag moet dra. Dit beteken egter nie dat jou lewe nie n doel het nie. Nee, jou lewe het dan juis n doel. JY het n doel. Moenie opgee op die lewe omdat jou kruis soms te swaar word nie. Die swaarkry, die seerkry, die verlies wat jy nou ervaar – dit is net tydelik. Dit is werklik net n oomblik in vergelyking met die res van vir ewig. Die stelling ‘this too shall pass’ (wat iemand se ouma gesê het), het baie waarde – glo dit. 

Sterkte vir JOU, wat jou kruis ookal vandag behels. Onthou, jy is nie alleen nie. Baie mense rondom jou dra ook hulle kruise, al is dit nie sigbaar vir jou nie. Ons Vader weet van jou kruis, Hy is reeds by die volgende tree wat jy moet gee. Dra jou kruis met grasie terwyl jy wag vir jou kroon. 

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#kruis #kroon #doel #joulewe #tydelik #virewig #themustardseed