So baie kere is ons verward oor wie ons is, is ons onseker oor waarheen ons oppad is. 
Wie is jy? 
Wie is jy as jy net JY is? Wanneer jy nie n glimlag hoef op te sit wanneer jy voel om te huil nie. 
Wanneer jy nie tussen mense moet wees wanneer jy voel om alleen te wees nie. 
Wanneer jy nie uit die huis uit moet gaan wanneer jy voel om tuis te bly nie. 
Wie is jy dan? Net jy, met geen voorgee, geen aangeplaktheid nie. 

Wanneer jy gemaklik met jouself kan wees sonder dat dit moeite is, dan is jy JY. 
Wanneer jy gemaklik kan wees met jou foute, jou tekortkominge, dan is jy JY. 
Wanneer jy weet dat jou waarde nie bepaal word deur ander se sieninge (meestal verdraaide sieninge) nie, dan is jy JY. 
Wanneer jy doodseker weet wie jy in Hom is, dan is jy JY. Dan is jy die JY wie Hy jou geskape het om te wees. 
En wanneer jy daardie persoon is, dan weet jy waarheen jy oppad is. En al gooi persoonlike omstandighede jou van koers af, onthou altyd dat dit Hom nie van koers af gooi nie. Wanneer jy saam met Hom oppad is, kan die lewe maar gebeur, dit sal jou dalk vir n wyle van koers af gooi, maar nooit vir Hom nie. Hy sal jou altyd weer op die regte pad uitkry wat Hy vir jou beplan het. 

Jou koers word glad nie bepaal deur ander mense, of deur omstandighede, of deur die afdraaipaaie van die lewe nie. Jou koers word bepaal deur net JY te wees, oppad saam met Hom, ten spyte van die lewe wat onbepland en onvermydelik gebeur. Oppad na dit wat in Sy Raadsplan beplan is vir jou, dit waarvan ons seker is – die Ewige Lewe. 
Wees net wie jy is, wie jy geskape is om te wees, met jou oog gerig op die Ewige Bestemming wat Hy vir jou beplan het. 

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#jy #wieisjy #raadsplan #koers #bestemming