Wanneer iets uit jou hande is, verdien dit om vry te wees van jou gedagtes ook.

Ek sukkel vreeslik hiermee. Daardie ding van ‘let it go’. Wanneer iets skeefloop, wil ek dit so graag net weer ‘fix’. Iets kan egter nie summier altyd ge’fix’ word wanneer dit nie slegs in jou hande alleenlik is nie. 

Wel, die enigste manier om te ‘let go’ is mos maar om te ‘let go and let God’, maar dit bring óók weer n ander uitdaging mee, want dit is moeilik om iets vir God te gee en dit dan nie die volgende dag net weer terug te vat om dit weer self te probeer ‘fix’ nie. Eers wanneer ons dit regkry om oor en oor dít wat uit ons hande is vir Hom te gee, eers dán sal ons dit regkry om dit uit ons gedagtes uit te kry. Want is Hy nie die Een wat ons gedagtes nuut maak nie? 

Jy moet onthou, God is geduldig met ons. Dit is mos Hy wat vir my en jou geskape het, elk met n spesifieke geaardheid en n sekere gedagtegang ook, hoekom sal Hy dan nou nie geduld hê met ons wat sukkel om dit wat uit ons hande is, ook vry van ons gedagtes te maak nie? God kén jou, Hy weet hoe jy funksioneer en Hy verstaan ook wanneer jy graag dinge eers self probeer ‘fix’. En Hy stap daagliks die pad saam met ons waartydens ons leer om te ‘let go and let God’. 

So vandag sê ek vir jou (wat dalk ook soos ek soms hiermee sukkel):  
Wanneer iets uit jou hande is, verdien dit om vry te wees van jou gedagtes ook. JY verdien dit om dinge vry te maak van jou gedagtes – gee dit vir Hom, oor en oor indien nodig!

Gebed:
Here, maak asseblief my gedagtes elke dag nuut. Vul my gedagtes met dit wat mooi, opreg en slegs tot U eer is. Wanneer ek nie meer beheer het oor iets nie, wanneer iets nie in my hande slegs meer is nie, skenk my daagliks die krag om dit te laat gaan. Skenk my die wysheid om dit vir U te gee sodat U dit verder kan hanteer volgens U Wil en U Raadsplan vir my lewe. Dankie dat U die Skepper van my gedagtes was en dit daarom soveel beter as ek bestuur. 
Amen

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#gedagtes #hande #vry #letgo #letgoandletgod