Het jy n vriendin, of as jy bevoorreg is meer as 1, wat stiltes verstaan? Wat verstaan wanneer jy wegraak, wanneer jou kontak min is? n Vriendin wat verstaan dat jou stilte nie op haar persoonlik gemik is nie, wat verstaan dat jou afwesigheid niks met haar te doen het nie. ‘n Vriendin wat besef dat jy slegs stil raak omdat JY dit nodig het. ‘n Vriendin wat verstaan dat jy nie wegraak omdat jy nie met háár wil gesels nie, maar omdat jy tyd nodig het om net met jousélf te gesels. ‘n Vriendin wat verstaan dat jy dalk net nodig het om omstandighede en gebeure te ‘digest’, dat jy tyd nodig het om dalk net asem te skep tussen n dolle gejaag deur. ‘n Vriendin wat verstaan dat jy stilte nodig het om energie in jouself te genereer sodat jy weer genoeg energie het om uit te reik. 

Wanneer jy n vriendin het wat jou stiltes verstaan – ongeag van hoe lank die stilte is wat jy nodig het – dan is jy werklik geseënd. 
Ek is geseënd met meer as 1 vriendin wat my stiltes en my afwesigheid van tyd tot tyd verstaan. Ek is geseënd met vriendinne wat my nie kwalik neem wanneer ek wegraak nie, wat my nie peper met vrae van hoekom ek hulle nie dit of dat gesê het nie. Vriendinne wat verstaan dat jy soms nodig het om te onttrek – nie omdat jy nie kans sien vir hulle nie, maar omdat jy op daardie stadium slegs kans sien vir jousélf en dit waarmee jy moet cope. Vriendinne wat nie aanstoot neem wanneer jy stil raak nie, maar steeds hulle omgee vir jou wys. Ek hoop werklik dat jy ten minste ook 1 vriendin het wat dit kan verstaan. Meer nog hoop ek dat jy so n vriendin is vir iemand wat ook nodig het dat jy háár stiltes moet verstaan. 

Dankie vir elke vriendin wat my stiltes respekteer en dit onvoorwaardelik met baie vriendskapsliefde aanvaar. Dankie vir elke vriendin wat nie ‘high maintenance’ vriendinne is wanneer ek nodig het dat hulle my stiltes moet verstaan nie. 
Share gerus hierdie post met n vriend of vriendin wat ook jóú stiltes verstaan, want dit is soms nodig om dankie te sê vir daardie voorreg. 

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#afwesig #stiltes #verstaan #vriende #highmaintenance #dankie