Vandag wil ek net graag sterkte sê vir elkeen wat op hierdie stadium besig is met chemo en/of radiasie. Mag jy genoeg krag ontvang vir elke uitdaging van elke dag. 

Maar baie belangrik:  Ons moet nie vergeet van die geliefdes van iemand wat kanker het nie. Wanneer een lid van n gesin kanker het, het die hele gesin kanker. Almal kry swaar, nie slegs die pasiēnt nie. 
Mag jy as familielid óók genoeg krag ontvang om sonder ophou te ondersteun en by te staan. Ek gun vir jou dat jy genoeg ondersteuning ontvang om ook jóú arms hoog te hou. Om iemand vir wie jy lief is te sien swaarkry en nie hulle swaarkry te kan wegvat nie, is baie moeilik – dit is wat die geliefdes van n kankerpasiënt daagliks in die gesig moet staar. Ons vergeet nie om ook vir jou te bid nie! 


Groete
Janine