Die volgende stukkie het ek nie self geskryf nie, dit is geleen. Dit slaan egter soveel spykers op hulle koppe, dat ek dit graag met julle wil deel. Ek is jammer vir jou wat dalk al trauma beleef het as gevolg van die woorde hieronder wat onbepland n realiteit in jou lewe geword het:

‘n AMBULANS is net ‘n AMBULANS

Tot dit iemand vir wie jy lief is of ken, vervoer…

ICU is net letters..

tot jy daar moet gaan kuier… of groet.

MISDAAD is net hoofopskrifte.

Tot jy of iemand wat jy ken, deel raak van die statistiek..

KOFFIE is net KOFFIE……

Tot dit jou eerste afspraak met iemand spesiaal is.

LIEFDE is net ‘n woord…

Tot jy dit voel met jou hele wese…

GROET is net ‘n roetine

tot dit die laaste keer was……

Die LEWE is iets wat almal deurgaan..

Tot jy op die harde, seer manier geleer word hoe kort ons reis op aarde werklik is en dat jy dus elke oomblik moet aangryp om jou lewe betekenis te gee.

Groete.

Janine

info@themustardseedwithin.co.za

083 634 8020