Ek deel vanaand iets uit my werkswêreld. Iets wat ek op n daaglikse basis by kliënte sien. Ek dink dat baie van julle aanklank sal vind hierby, veral díe van julle wat al skouers geskuur het met angs en/depressie.

Ja, om n positiewe ingesteldheid en positiewe denke te hê, is harde werk wat aangeleer moet word en dit sal altyd harde werk op n daaglikse basis bly. Maar ons moet ook nie wegskram van ons vulnerability en ons rouste rou nie. Dit maak deel uit van die mens wie jy is. Positief vs negatief, die glas half vol vs die glas half leeg, lig vs donker, hoopvol vs moedeloos. Dit is seisoene waardeur almal gereeld moet gaan.

Nadat ek verskillende kliënte hierdie week met verskillende intense uitdagings gesien het, voel ek dit op my hart om die volgende daar buite sit. (Hou in gedagte dat werklik nie een kliënt wat deur my kantoordeur stap, hulle moeilike uitdagings gekies het nie):

7 dinge wat jy werklik NOOIT vir iemand wat angstig is of iemand wat stoei met depressie, moet sê nie:

Nommer 1: Kalmeer nou net!

Nommer 2: Jy moet nie so op jou pilletjies

staatmaak nie…

Nommer 3: Dit kon erger gewees het

Nommer 4: Wees net positief

Nommer 5: Jy was dan nou net nog fine

gewees!?

Nommer 6: Nou wat het jou nou weer

omgekrap?

En die ultimate nr 7: Jy oorreageer!!

Vir iemand met angs en/of depressie, is sulke verplaaste positiwiteit werklik toksies. Deel hierdie gerus met iemand wat jy weet op hierdie oomblik n pad stap met angs en depressie, en jy sal sien dat hulle aanklank vind hierby. Positief wees is goed, ekself is n groot voorstander daarvan, maar toksiese positiwiteit, dit grens definitief daaraan om n ‘positive mind’ heeltemal te ver te vat.

Sterkte vir elkeen van julle wat struikel oor angs en n koekhou val oor depressie.

n Mooi naweek vir elkeen van julle.

Groete.

Janine

info@themustardseedwithin.co.za

083 634 8020