‘n Goeie vriendin sê nou die dag vir my:  n Vriend kyk verby jou stukkende heining en sien die blomme raak. 

Is dit nie mooi nie? Wat my net weereens laat besef:  Indien daar mense in my lewe is wat slegs n stukkende heining kan raaksien en kies om nie die blomme daaragter raak te sien nie, hoort hulle nie in my binnekring nie. Ons almal het stukkende heinings, nie een van ons se lewens is omhein met n perfekte heining nie, MAAR, ons almal het ook blomme agter daardie stukkende heining en indien iemand dit nie kan raaksien nie,  verdien hy nie die voorreg om tussen jou blomme rond te speel nie. Daardie persoon gaan nie jou blomme met respek hanteer nie. Nee, jou blomme gaan vertrap word, totdat jy óók net n stukkende heining kan raaksien. En jy verdien méér as 
dit – jy verdien om in n blomtuin te lewe;  n blomtuin wat die mooi in n stukkende heining na vore bring. 

Kan jy verby jou vriende se stukkende heinings kyk? Indien nie, het jy werk om aan jouself te doen. 

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/