Soms word jy wakker met n sekere wete dat daar genoeg genade ook vir jou vandag is

Soms vergeet jy van dit wat gister gebeur het

Soms sien jy uit na dit wat vandag wel vir jou kan inhou

Soms het jy hierdie gevoel diep in jou dat jy vandag n verskil kan maak – nie slegs in jou eie lewe nie, maar ook in die van n ander

Soms weet jy met n sekere wete dat God JOU spesifiek op hierdie tyd op hierdie dag op hierdie aarde kan gebruik.

Maar soms word jy wakker en wonder: Wat gaan vandag vir my inhou?

Soms wil-wil vrees jou keel toedruk vir hierdie spesifieke dag wat voorlê

Soms is daar n iets binne-in jou wat wil skop teen dit wat jy vandag moet doen

Soms wonder jy of dit regtig nodig is dat jy al die mense rondom jou vandag moet face

Soms wil jy weerstand bied teen dit wat ander vandag van jou verwag

Soms voel jy alleen, al is daar soveel mense rondom jou

Hou vandag egter vas aan die gedagte dat God elke oomblik van hierdie dag saam met jou is, dat Hy elke oomblik daar is vir jou …

NIE NET SOMS NIE!

n Mooi Maandag vir elkeen van julle!

Groete.

Janine

info@themustardseedwithin.co.za

083 634 8020