Soms is ons grootste vyand ons eie herinneringe, ons gedagtes van dinge wat was, ons ‘memories’. Spesifiek jou memories van slegte gebeure. 

Wanneer herinneringe jou nie vul met tevredenheid en vul met hoop nie, is dit tyd om daardie herinneringe eerder te laat gaan. Herinneringe wat nie toevoeg tot jou hier en nou of toevoeg tot jou toekoms nie, hoort waar dit vandaan kom – in die verlede. 

Moenie n slagoffer word van jou herinneringe en jou gedagtes van slegte gebeure nie, want dan leef jy dag tot dag as n slagoffer daarvan. n Oorwinnaar kan dít wat n vyand geword het, verslaan. Ek – en jy – is oorwinnaars, ons moet dit altyd onthou! 

Gebed:  Dankie Vader, dat U wil hê dat ons oorwinnaars moet wees. Oorwinnaars van soveel dinge, ook van ons gedagtes en ons herinneringe van slegte gebeure. 

Romeine 8:37
“Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het”

Groete 
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#herinneringe #slegtegebeure #memories #hoop #toekoms #slagoffer #oorwinnaar