Ons almal word van tyd tot tyd gyselaar gehou, hetsy dit deur jou emosies of dalk jou gedagtes is. 
Wat hou jóú gyselaar? 
Is dit dalk woede? 
Of angs? 
Of depressie? 
Of seerkry? 
Of negatiewe gedagtes? 
Of onrealistiese verwagtinge? 
Of gebrek aan gesondheid? 

Dit maak nie saak wát jou gyselaar hou nie, dit bly n baie ongemaklike situasie. En n ‘onveilige’ situasie wat jou van innerlike vrede kan ontneem. 

Daar is altyd n losprys vir n gyselaarsdrama, wat is jóú spesifieke losprys? 
Is dit om sekere keuses te maak oor jou huidige omstandighede? 
Of om grense te stel met iemand in jou lewe? 
Of om bietjie tyd in te sit in jou eie persoonlike groei? 
Of is dit dalk om iemand te vergewe? Moontlik jouself te vergewe? 

Dink n bietjie wat dit is wat jóú gyselaar hou indien jy vasgevang voel op hierdie stadium. Maak nie saak wát die losprys is nie, dit sal nooit groter wees as die vrede wat jy sal ervaar deur die losprys te ‘betaal’ nie. Daar is nóóit n prys op innerlike vrede nie. 

Gun jouself dit. Gun jouself innerlike vrede. Stap die pad as dit voel asof iets/iemand n geweerloop teen jou kop hou. Saam met iemand in jou lewe wie jy vertrou, of n berader, is dit gewoonlik makliker om die losprys sommer vinnig bymekaar te maak en te betaal. Moenie te lank gevange gehou word in n gyselaarsdrama nie, want dit raak soms té gou té plofbaar om af te weer.

En ek kan nie hierdie post afsluit sonder om te sê dat die losprys vir my én jou reeds betaal is deur die kosbare bloed van Christus nie.

1 Petrus 1:18-19
“Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.”

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#vrygekoop #losprys #bloed #gyselaar #innerlikevrede