Gister was ‘Nasionale Base Dag’
Ek het van hierdie jaar af slegs 1 werknemer, slegs 1 persoon saam met wie ek werk, MAAR haar waarde is die somtotaal van maklik 5 werknemers. Sy is my assistent, maar in realiteit is sy my motorbestuurder, my ontvangsdame, my debiteure- en krediteureklerk, my sidekick en my oē. My ‘partner in crime’ wanneer ons opslip met iets by die werk, my vertroueling wanneer n dag bietjie lank raak. Sy is my ‘inkopie-doener’, my ‘specials-in-die-winkels-soeker’, my pille-koper, my pakkies-afleweraar, my dokter-toe-vatter. 
Sy is my gidshond en ander diere se speelmaat – dit tel báie punte by my! Sy vat selfs my scottish terriēr weekliks op n roadtrip deur die strate, net sodat hy nie afgeskeep moet voel om daagliks tuis te bly terwyl my gidshond mag gaan werk nie. 

Haar naam is Alizia. Sy is betroubaar, toegewyd, lojaal en hardwerkend. Sy het altyd my beste belange op die hart. Al doen sy so baie vir my elke dag en vereis haar werk van haar om gereeld in my spasie te wees, is sy sensitief vir my behoefte aan stilte, aan alleenheid, aan onafhanklikheid. 

Sy bederf my elke dag net deur op te daag. Gister is ek boonop nóg meer bederf met n spesiale geskenkpak – elke item met sorg uitgesoek, alles waarvan ek hou en nog meer. En die mees spesiale item in die pakkie: n clipbord vir my praktyk waarop sy ‘The Mustard Seed Within’ laat druk het. Hoe spesiaal is dit? Sy ken my passie!

Dit is wat dit is om n Alizia daagliks in jou lewe te hê. Dankie Alizia – ek is baie bevoorreg om saam met jou te kan werk! 

Indien jy n Alizia in jou lewe het, doen moeite om Dankie te sê. Indien jy nie n Alizia het nie, maar ook een wil hê – kry jou eie een, want hierdie een is myne!! 

Groete
Janine