Hierdie is die laaste kort week. Al die vakansiedae is nou verby vir n lang tyd. Baie mense sug daaroor, want nou begin die dolle gejaag weer. Ander mense, soos sommige besigheidseienaars, slaak n sug van verligting omrede die baie vakansiedae verlies aan inkomste beteken het. 

So is dit in die lewe ook met ons. Daar is altyd die ‘flipside van n coin’. 
Daar is geluk, maar ook hartseer.
Opgewondenheid, maar ook teleurstelling.
Tevredenheid, maar ook onvergenoegdheid.
Gesondheid, maar ook gesondheidsuitdagings. 
Liefde, maar ook n smag na liefde.
Lewe, maar ook dood. 
En so kan ons aangaan, né. 
Dit is belangrik om te onthou dat hoe jy voel vandag, nie noodwendig is hoe almal rondom jou voel nie. Gaan dus sag om met mekaar, want jy weet nooit wat se ‘battle’ jou vriendin of kollega dalk besig is om te veg nie. Die spreekwoord sê nie verniet:  
‘In a world where you can be anything, just be kind’

Indien jy vandag aan die kant van die muntstuk is waar jy gelukkig is, waar jy tevrede is – geniet dit, wees dankbaar daarvoor en gaan sag om met jou medemens. 
Indien die flipside van die coin vandag vir jou gegee is – hou moed, wees sterk, omring jou met ‘kind’ mense. En weet dat ons almal jou dit gun dat die muntstuk ook weer vir jou sal draai. As jy vandag moeg is, selfs te moeg is om te praat, soek die mense op wat jou taal kan praat, wat dit kan verstaan, wat JOU kan verstaan, soos wat die volgende prentjie dit so mooi verwoord …

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/