My nuwejaarsboodskap blyk laat te wees, maar die jaar is nog lank, so hier is dit nou, opreg uit my hart uit aan elkeen van julle:  

n Onbekende persoon het gesê:  

“Die lekkerste plek om te wees, is in iemand se gedagtes. 

Die beste plek om te wees, is in iemand se gebede. 

Die mooiste plek om te wees, is in iemand se hart.”

Mag jy in 2024 op al drie plekke gelyk wees. 

Mag daar elke dag iemand wees wat jou in hulle gedagtes ronddra. 

Mag daar elke dag iemand wees wat jou in hulle gebede opdra. 

Mag jy elke dag iemand se hart volsit. 

Indien jy bevoorreg is om op hierdie drie plekke te wees, dan sal jy geseënd wees in 2024. 

Mag jy ook die een wees wie se gedagtes gevul word met jou geliefdes, wie se gebede opgaan vir díe wie dit nodig het, wie se hart groot genoeg is vir díe rondom jou wat liefde en omgee nodig het. 

Voorspoedige 2024 vir elkeen van julle!

‘Ek weet wat ek vir julle beplan het’, sê die Here. ‘Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.’

Jeremia 29:11

Groete

Janine

info@themustardseedwithin.co.za

083 634 8020

#voorspoedigenuwejaar #2024 #gedagtes #gebede #hart #voorspoed