Ma-wees is my grootste prestasie wat ek nóg in hierdie lewe bereik het.

Ma-wees is die titel wat my nog die heel trotsste laat voel het.

Ma-wees is die mees rewarding werk wat ek al ooit gedoen het, dit voel nie eers soos werk nie.

Ma-wees is die lekkerste lekker waarvoor ek ooit kon gevra het.

Ma-wees het my beste drome van kinders hê oortref.

Ma-wees gee my hoop, gee my dryf, gee my uithouvermoë.

MAAR

Ma-wees is ook die grootste verantwoordelikheid wat ek het.

Ma-wees kan n baie moeilike werk sommige dae word.

Ma-wees kan baie uitputtend wees met tye.

Ma-wees is iets wat jou lank van bekommernis kan laat wakker lê snags.

Ma-wees van groter kinders leer jou dat jy toe nou nie so slim is soos wat jy gedink het toe jy n Ma van klein kindertjies was nie …

Ma-wees is die oorsaak van chroniese leë beursies …

Ma-wees is egter absoluut die moeite werd!

Mag elkeen van ons wat hierdie titel het, besef dat dit n ongelooflike voorreg is!

Gelukkige Moedersdag môre aan elkeen van julle Moeders wat hier lees. 

Sterkte vir elkeen van julle vrouens wat smag daarna om n Moeder genoem te word, mag Hy self jou trane afdroog môre. 

Die van julle Moeders wat n kind aan die dood afgestaan het, of selfs ook aan die lewe, mag Hy jou môre troos.

Die van julle Moeders wat verlang na julle kinders wat nie moeite maak met julle nie, mag Hy aan jou môre genoeg genade skenk.

Die van julle wie se Moeders reeds in die hemel is, luister die volgende verwerking van die pragtige lied, sulke mooi woorde. 

Groete 

Janine

#moedersdag #mothersday #voorreg #genade #liefde #seëning

Mandi Fisher on Reels |