Toe die ligte afgaan kom niemand dit agter nie, want daar was genoeg lig in die vertrek om die donker van die wêreld uit te doof! 


Mense met mooi harte, gestremdes wat voorloop, gebare wat troos bring in ń gebroke wêreld en woorde wat hoop weerklink “as jy kan, kan ek ook!” Veerkragtigheid wat uitdagings oorkom!
Solidariteit Helpende Hand se derde LIGKonsert was n reuse sukses!


Ons kunstenaars was puik, ons tolk uitnemend, kos uit die boonste raak en die atmosfeer warm en geselig.


Ons pryswenners ontvang met trots hul toekennings en Edwin gee terug uit wat hy ontvang het.
Ons 2023 hoopsaai konsert was toe presies dit… Hoopvol! Liefde in gestremdheid!


En ek glimlag oor ń hoopvolle Suid-Afrika! Hierdie is ons mense, ons land! Elk met sy uniekheid wat juis daarom ń unieke bydrae kan en moet lewer!


#HelpendeHand 
#hhforumvirpersonemetgestremdhede