Keuses en besluite is so belangrik in elkeen van ons se lewens:  

Besluit of jy wil léwe en of jy net wil 
bestaan – daar is geen tweede kanse hiervoor nie;  daar is nie die opsie van ‘miskien’ lewe nie, dis die een of die ander;  lewe of bestaan. 

Besluit waarheen jy in jou lewe oppad is – sorg dat jy die rigting volg en op koers bly. 

Besluit wíe jy saam met jou op jou lewenspad wil hê – wees goed vir hierdie mense en hou hulle altyd naby jou hart. 

Besluit wát jy in jou lewe wil hê – moenie afwyk daarvan nie;  gáán daarvoor met alles wat jy binne-in jou het. 

Maak n keuse om die lewe te kies – besluit dan om elke dag te leef asof daar géén môre is nie. 

Besluit om elke dag met God aan jou sy jou pad te stap – dan sal jy die pad wat Hy vir jou uitgekies het, met vrede in jou hart kan stap. 

Besluit altyd om die regte keuses te maak – keuses wat vír jou werk en nie téén jou nie. Maar besluit ook om keuses te maak wat nie slegs vir jóú werk nie, maar ook vir ánder rondom jou. 

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#keuses #besluite #lewe #bestaan #kanse #kies