Watter prentjie pop in jou kop op as jy aan Kersfees dink? 
Maria wat Jesus in n krip neerlê?
Die 3 wyse manne wat geskenke bring? 
Die Betlehem ster?
n Kersboom met geskenke? 
Ons het prentjies in ons kop van die geboorte van Jesus, maar ons besef nie altyd wat Hy werklik moes opoffer om gebore te word as n mens nie. Filippense 2 sê dit vir ons so mooi. Jesus het aarde toe gekom en Homself verneder om die mens te kom dien. Hy, wat eintlik gedien moes word, het ander gedien, vir Sy hele lewe op aarde. Hy het dit alles uit liefde gedoen om ons as mense uiteindelik te kom verlos. Die feit dat Hy gebore is, is net so n groot bewys van Sy Genade as wat Sy kruisiging was. 
Ons moet in totale verwondering wees oor wat dit Hom gekos het, wat Hy moes opoffer om mens te word – en dit alles net vir jou en vir my. 

Geniet jou meer vrye tyd wat jy dalk het in hierdie tyd. 
Geniet jou familie as jy die voorreg het om hierdie tyd saam met hulle te spandeer. 
Geniet jou lekker kos. 
Geniet jou kersboom.
         MAAR
maak ook seker dat al hierdie genoemde dinge, nie die ware prentjie oorskadu nie. 

Groete.
Janine

https://themustardseedwithin.co.za/

janine@themustardseedwithin.co.za