Jy weet mos wat die waarde van n pleister is? Dit maak beter. Dit maak sagter. Dit maak gesond. Watter kind word nie tevrede gestel met n soentjie en n pleister nie? 

Mag ek en jy besef dat God ons pleister is. n Pleister wat troos, wat trane afdroog, wat heelmaak. 
Mag ek en jy elke dag streef daarna om die geloof van n kind te hê waar dit pleisters aangaan. Mag die Pleister wat ook ons Skepper is, elke dag vir elkeen van ons genoeg wees. 

Ek is dankbaar dat die pleisters wat ek hierdie jaar nodig gehad het, my seerkry gesond gemaak het. Ja, daar is littekens waar die pleisters eens was, maar dit herinner my aan God se groot genade vir my deur hierdie jaar. Hy het engele in die vorm van mense oor my pad gestuur in n tyd wat die toekoms donker gelyk het. 
Het jy ook littekens? Littekens wat jou herinner aan n seer tyd in jou lewe? Littekens wat jou herinner aan hoe ver jy al gekom het?  Wees dankbaar saam met my vir littekens wat bewyse is van wonde wat reeds genees het. 

En vir die van julle wat nog n pleister moet plak op n rou wond:  Sterkte vir jóú wat dalk vandag voel of jy uitmekaar wil val. Mag jy pleisters ontvang in die omgee van mense, elke dag! 

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#pleister #bymekaarhou #troos #beter #gesond #heelmaak #littekens