Jy is dalk bekommerd oor die dag van more. Onthou, God sorg vir die mossies, God sorg so ook vir jóú! 

Die storie van die mossie: 
Tydens die Anglo-Boereoorlog was daar ‘n konsentrasiekamp vir vroue, kinders en bejaardes by Bethulie. Annette Marais het weer een aand vir God gevra hoe sy vir die ander vroue hoop kon gee.
Terwyl sy die volgende oggend vir hulle lees uit Mattheus 10:29, kom sit ‘n mossie op haar skouer. Dit was vir hulle ‘n teken dat Hy ook vir hulle sou sorg. Na die oorlog is die mossie as simbool van hoop op die land se kleinste muntstuk aangebring.

Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.”
Mattheus 10:29 

En die Woord sê ons is meer werd as die mossies:
“Wees dan nie bevrees nie: Julle is meer werd as baie mossies.”
Mattheus 10:31

Groete 
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#mossie #meerwerd #hoop #bevrees