Het jy al gesien hoe n voëltjie op die kleinste, dunste takkie in n boom sit? Rustig sit, selfs wanneer daar n sterk wind opkom? Die voëltjie is glad nie bang dat die takkie kan breek nie. Hoekom nie? Want hy het vlerke. Wanneer die tak breek, val hy nie, hy vlieg eenvoudig in die lug op. 

Ons het óók vlerke – die Here is ons vlerke. Tog sit ons soms so ongemaklik op n tak, heeltyd bang dat dit gaan breek. Heeltyd bang dat die lewe of iets ons gaan onderkry. Ons kan so baie leer by n voēltjie. Hulle fokus is op hulle vlerke. Ons fokus is op die tak, nie op die vlerke nie. Nie op die Vlerke, die Here, wat ons kan laat vlieg nie. En dan het ons natuurlik rede om bang te wees, want as die tak breek, dan val ons. 

Wat as ek nie kan cope nie? Wat as dit nie gou weer beter gaan nie? 
Wat as hierdie my onderkry?
Wat as die tak breek? 
Wat as …? 
Dan vlieg jy! Dis wat! Jy vlieg dan met Sy Vlerke. Dan sweef jy soos n arend. Soos wat die lied ‘Sweef soos n arend’ so mooi sê: 
“…Niks kan ons keer
Hy’s in beheer
Hy’s ons Weerman, Stuurman, Leidsman.
Sweef soos n arend
want My liefde dra jou so hoog, hoog bo die son.
Sweef soos n arend
so vêr soos die wind waai my lief, in die Here se mag.”

Moenie bang wees om op jou tak te sit nie, hoe dun die takkie ookal is. Wees gerus, jy hét Vlerke, fokus net daarop en gebruik dit net. 

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#voeltjie #vlerke #arend #vlieg #tak