Hoeveel kere bevind ons nie onsself op n plek in ons lewe waar ons alleen voel nie? Waar dit vir ons voel asof die wedloop te lank en moeilik is nie? Waar ons moeg raak. 
En dan voel dit vir ons asof niemand verstaan nie. 

Weet jy wat? Jy is reg. Niemand kán verstaan waardeur jy gaan nie. Dit is jou wedloop en jou wedloop alleen. Mense rondom jou kan slegs probeer om begrip te hê vir jou unieke wedloop. Om begrip te hê vir jou spesifieke omstandighede. Daar is net Eén wat werklik jou wedloop verstaan. En dit is die Een wat dit saam met jou doen, elke tree. Jy is nooit alleen wanneer jy God saam met jou neem nie. Sy genade gee jou daagliks genoeg krag om jou wedloop te doen en wanneer dit tyd is, die wedloop suksesvol te voltooi.

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#wedloop #race #grace #nooitalleennie