Hoe gereeld sit mense nie oorkant my in my kantoor wat voel dat hulle net besig is om te ‘survive’ nie. Dat hulle op ‘auto pilot’ is nie. 

Ons almal was al op so n plek gewees, né? Dis n slegte en n moeilike plek om te wees. Want jy bestee al jou energie elke dag daaraan om net te survive. Jy kry dit as gevolg van jou omstandighede nie reg om net te kan wéés nie. Om die beste jy te kan wees nie. 

Survival bring wel die sterkte in ons na vore, maar dit beroof ons ongelukkig ook daarvan om die lewe te leef, om die lewe net eenvoudig te geniet. Survival beteken dat jy watertrap. En dit maak jou moeg. Dit laat jou gereeld snak na asem.

Is jý vandag in survival mode? Dan is dit nodig dat jy moet kyk na die oorsaak daarvan. Is dit dalk iemand in jou lewe wat nie goed is vir jou nie? Is dit dalk jou omstandighede? Wie of wat dit ookal is, dit is baie belangrik dat jy beheer moet van daarvan. Sodat jy van ‘auto pilot’ kan afgaan om net weer jý te wees. Die JY wie Hy geskape het om te wees. 

Matteus 11:28-30
‘Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;  want my juk is sag en my las is lig’

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#survive #autopilot #lewe #rus #sag