Maak maar eers n koppie tee, want alhoewel my asem vandag nie lank is nie, was ek op skool n goeie student in die Tik klas het daar nou baie woorde uitgekom. 
Rakende my beenmurgoorplanting. Ek gaan dit sommer so in 2 dele vandag weergee:  

Deel 1:  
Die eerste deel is so bietjie meer van ‘n ‘opvoedkundige’ post, scroll dus maar verby indien jy nie wil weet nie. 

Vandag is dag 7 vir my in Hoësorg in Donald Gordon Hospitaal.      Nou om ‘n beenmurgoorplanting beter te verstaan, moet jy bewus wees van die rol wat n paar basiese somme speel. Ek is opgeneem op dag -6, dan volg dag -5, dag -4, ens ens tot by dag 0 wat jou dag van oorplanting is.  Ek is vandag dus eintlik by dag 0, maar agv ‘n paar komplikasies klop die wiskundesom nie so lekker op hierdie stadium nie. Hoekom nie? Omrede die mens nie ‘n robot is nie. Die menslike liggaam reageer soms op dinge wat nie deur die medici voorspel kan word nie. En dis normaal dat dit so is. Dinge is nie in ons hande nie – ons wil mos nie hê dat dit in ons hande moet wees nie, né! 

Jy sal dalk ook die volgende van n beenmurg/stamseloorplanting wil weet:  
* Dis nie ‘n operasie nie. 
* Dit behels die toediening van chemo.  Baie sterk chemo. (Onthou, net soos antibiotikas, kry n mens ook 111 000 en nog meer verskillende chemos) 
* Hoekom kry jy chemo? Om jou immuniteit tot op werklik 0 af te breek, dit letterlik te ‘wipe’ sodat die skenker se stamselle, asook jou eie, nie verwerp word deur jou liggaam wanneer dit oorgeplant word nie.    
* ‘n Mens kry verskillende soorte stamseloorplantings, afhangende van wie die skenker is – jyself, ‘n familielid of ‘n vreemde skenker op die Nasionale Beenmurgregister
* Jy word in isolasie in die hospitaal gehou (aangehou 😂) aangesien jy geen immuniteit het nie en selfs ‘n ligte verkoue dodelik kan wees.  
* ‘n beenmurgoorplanting is ‘n intense en lang proses vir ‘n pasiënt. Maande se pre-transplant toetse word gedoen voordat jy opgeneem word, individuele gesondheid en uitdagings word in ag geneem, stamselle word soms geoes/geharvest (of jy nou op n plaas werk of nie 😝) en dit alles bepaal die verloop van die proses. 
* Behalwe dat dit ‘n fisies uitputtende proses is, is daar n emosionele tol wat geëis word, soms n baie groot.                                

Wat gebeur volgende in my proses?  Sodra die somme weer klop, doen hulle dag 0 waar gesonde stamselle teruggesit word in my lyf. Dit beteken dat ek n nuwe immuniteit kry.  Hoekom het ek ‘n nuwe immuniteit nodig?  Want my ou immuniteit sien myself as ‘n groot vyand en is al vir jare op ‘n heksejag hier in my lyf besig. Na dag 0 begin dag +1 dan tot by dag +100 waarvan ek julle n anderdag sal vertel. 

Wat gaan ‘n beenmurgoorplanting vir my beteken?      Bottomline:  dat ek hopelik in vrede en meer harmonie met my eie lyf sal kan lewe.  Gaan ek weer kan sien?  Nee.  Gaan ek my fisiese funksies wat ek reeds verloor het weer terugkry?  Nee.  Gaan ek gesond wees?  Nee.  Gaan ek behandelingsvry wees vir die res van my lewe?  Nee.  Gaan ek minder hospitale en teaters moet besoek? Hopelik JA!
Gaan ek gelukkig wees? Ja, want geluk ‘comes from within’ en die uiterlike het nog nooit die laaste sê gehad nie.

Deel 2: 
Dan wil ek ook graag hê dat elkeen van julle op hierdie blad moet weet. Ek het hierdie blad begin om met die Here se leiding en genade n klein mosterdsaadjie tot in n groot boom te laat groei. Dit was my doel. Is steeds my doel. Vir hoop en vir inspirasie. Vir myself, maar hopelik ook vir jou wat hier volg. Ja, hierdie is n wonderlike platvorm om te vra vir soveel dinge, waaronder gebede – en ek sê dankie vir die gerustheid wat ek in my hart het dat daar wel gebede is sonder dat ek hoef te vra. Ons bid mos vir mekaar, nie slegs julle vir my of ek vir julle nie. Ek wil egter graag hierdie blad bly gebruik vir die doel waarvoor ek dit begin het. En die doel was nie dat ek n audience nodig gehad het om enige drama te create nie. Soos n vriendin tereg gesê het:  sy push harder met n audience. Is dit nie maar waar van ons almal nie? Ons gee ons beste wanneer ander teenwoordig is. Ons het egter nie noodwendig n groot audience nodig by wie ons kla nie. Ons hoef nie ons toys voor n audience uit die cot te gooi nie. Ons sê maar eintlik net die mooi, die sosiaal aanvaarbare hier op fb. En dis hoe ek ook kies om dit te doen. Maar ja, om dit realisties te hou, moet n mens soms n bietjie ‘raw and real’ ook daar buite sit. Maar volgens die terme waarmee jy gemaklik is, nie die terme van n ander nie. En so het julle al gesien in die verlede dat ek ook soms dinge ‘real’ kan uitgooi na my groter audience toe, wanneer ek voel dat dit nodig is. 

Vandag wil ek sommer net dankie sê vir alle audiences in my lewe. Die kleintjies waar ek my cool kan verloor, waar ek die uiterstes van moedeloos en vrese hê mag beleef, maar ook die groter audience wat n mens toelaat om volgens jou pas en jou doelwitte te beweeg. Nie een van my audiences is belangriker as n ander een nie, elkeen speel so n integrale rol en ek sou nie EK kon wees sonder enige rolspeler in enige audience nie. En belangriker, ek sou ook nie Hom kon verheerlik sonder enige van hierdie audiences nie! 

Die bietjie ‘real’ wat ek vandag bereid is om na n groter audience toe te gooi:  Dit gaan nie so goed met my sedert ek opgeneem is nie. Die laaste klomp dae is meer sinkplaat as n ou uitgetrapte plaaspad. Daar is baie uitdagings, meer as gewoonlik, my lyf trek dwars en gee nie sy samewerking te alle tye nie. Maar dit beteken nie dat ek hier by die venster gaan uitspring nie. (Eintlik kry ek nie die venster oop ni😳🙈) skuus dis bietjie donker humor …

Nee, ek is steeds hier met n doel, n belangrike doel net soos wat jy ook n belangrike doel het. Een oomblik op n slag, een gebed op n slag. En dis genoeg, nê? 

Ek weet dat by God alle dinge moontlik is.  Ek weet dat Hy alles wat verkeerd gegaan het in my lyf kan omkeer.  Ek weet dat Hy die beste vir my wil hê. Ek weet egter ook dat ek op aarde lewe en nie in die hemel nie, dat alles nie nou al volmaak kan wees nie.  Daarom hoop ek vir die goeie, verwag ek ook die goeie, maar kies ek ook om realisties te wees. 
Gaan ek my wonderwerk kry na hierdie beenmurgoorplanting?  Die waarheid, is dat ek reeds talle wonderwerke ontvang het, reeds vóór hierdie oorplanting.  Hierdie oorplanting is slegs een van my behandelingsplanne wat vir my tyd gee om soveel meer wonderwerke verder in my lewe te ontvang.  En hopelik daarvan te getuig. Ek is okay daarmee dat ek nie gesond is nie.  Ek is okay daarmee dat ek ‘n lyf het wat werklik niks van my hou nie.  Ek is okay met pyn.  Ek is okay met blindheid.  Ek is okay om elke dag hard te werk aan myself om soveel normaliteit as moontlik in n dag te kan hê. 
Waarmee is ek nie okay nie?  Ek is nie okay daarmee dat daar mense is wat glo dat Hy nie vir my n wonderwerk gee as ek nie hierna gesond en ‘abled body’ gaan wees nie. Ek is nie okay daarmee om moed op te gee omdat my lewe  dalk nie volgens ander se verwagtinge uitspeel nie.  Ek is nie okay daarmee om nie te glo nie – ek glo steeds dat Hy groter en meer is as enige siekte, as enige behandeling, as enige uitkoms. Ek glo dat Hy lief is vir my, vir jou, dat hierdie swaarkry wat ons op aarde beleef slegs tydelik is. My beloning gaan ek kry, daarvan is ek oortuig – dit hoef nie noodwendig vandag of môre selfs in hierdie lewe te wees nie.

Dankie Here, dat alles in U Hande is en nie in die van die selle in my lyf nie. Of selfs in die hande van die dokters en verpleegpersoneel nie (wat ‘by the way’ engele vir my hier in die hospitaal is nie). Dankie dat U enige iets, nie slegs n beenmurgoorplanting nie, kan gebruik om U Naam groot te maak. Dankie dat U vir my – en ook vir jou – wil gebruik. Alles tot U eer. 

Groete vir elkeen van julle! 
Janine