Ek weet dat hierdie boodskap vandag vir iemand bedoel is. 
GOD IS IN BEHEER! 
 
Onthou altyd die volgende twee woorde:  Bly vertrou. 
Is jou pad donker? Moenie opgee nie!
Voel jy dat jou pad te lank is? Moenie omdraai nie, hou net aan stap. Een tree op n slag. 
Onthou, God se oë is op jou, God se treë is langs jou, God se arms is onder jou. 
God is nogsteeds die Een wat engele stuur. 
God is nogsteeds die Een wat klippe wegrol. Dalk sê Hy op hierdie oomblik vir n engel om jóú klip weg te rol – hierdie engel kom so baie kere in die vorm van n mens. 
God is die begin en die einde – Hy is jóú begin en jóú einde. 
Hy is altyd dieselfde. Hy verander nooit.
 
Vandag wil God vir jou sê:  
My tydsberekening is perfek. Vertrou My.
 
Onthou altyd die volgende twee woorde:  Bly vertrou! 
GOD IS IN BEHEER! 
 
Groete 
Janine
 
info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
 

#vertrou #engel #Godisinbeheer #moeniemoedopgeenie