Daar kom dae wanneer jy voel of jy nie meer jou trane kan keer nie, of jy dit nie langer kan wegsteek vir die mense rondom jou nie. 
Dae wanneer daar baie seer en groot bekommernisse voorop lê in jou hart en jy dit net vir almal rondom jou wil uitskree.
Dae wanneer jy voel om jou kop net onder jou kussing weg te steek en jou toe te zip in jou duvet.
Dae wanneer jy voel of die lewe jou ore aansit.

MAAR

Dan kom daar dae wanneer dit stil word in jou.
Dae wanneer jy besef dat God jou styf vashou.
Dae wat jy God se stem bo die woelinge in jouself hoor.
Dae wat Genade-dae is.

DANKIE Here vir al die genade-dae wat U vir ons gee.

Mag jy vandag n Genade-dag beleef!

2 Korinthiërs 13:13
‘Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal ….’

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#genade #genadedae #storms #trane #bekommernisse #seer #themustardseed