Ek lees die volgende op iemand se facebookblad:  

‘Net gister uitgevind hoekom ek oorgewig is. Dis die shampoo wat ek gebruik! Dit loop teen my lyf af as ek stort en hulle waarsku nogal op die houer:  Gives extra body and volume…
Nou gaan ek eerder skottelgoedseep gebruik. Dit sê op die bottel:  Dissolves fat that is otherwise difficult to remove’ 

Nou maak alles sin, né … 😂
Julle kan maar lekker eet oujaar en nuwejaar, onthou net die skottelgoedseep op jou kruidenierslysie! 

Extra volume groete.
Janine