Elkeen van ons is al seergemaak gewees wanneer dit jou ore bereik dat iemand anders sleggepraat het van jou. En dan help dit nie eintlik dat jy daardie persoon konfronteer of selfs mooi met die persoon probeer praat daaroor nie, want indien iemand dit nodig gevind het om sleg te praat van jou, gaan jy hom/haar nie oortuig van die teendeel nie. Dit maak jou hart seer, soms n bittere gevoel van onregverdigheid, né? Maar wil jy regtig daardie persoon nog in jou binnekring hê? Want indien iemand dit reg geag het om lelik te praat van jou, dan gaan hulle dit so maklik wéér doen. 

Nou wat doen jy dan?
Jy werk eerder daaraan om afstand te kry van die woorde wat jou seergemaak het – moenie daardie seer woorde jou eie maak nie. 
Jy werk eerder daaraan om in jou hart afstand te kry van die persoon wat jou seergemaak het – kry die persoon in jou kop, waar dit minder seermaak as in jou hart;  moenie net vóél nie, dínk oom daaroor. 
Jy werk eerder daaraan om in die werklike lewe afstand te kry van die persoon wat jou seergemaak het – dink mooi daaroor voordat jy weer kontak maak. 
Want:  Jy verdien méér!
En:  Jy verdien beter! 

En die belangrikste? Jy dink 2 x voordat JY weer slegpraat van iemand, want jy weet hoe seer dit maak. En jy maak die besluit om eerder vir mense te bid as om sleg te praat van hulle. 



Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#slegpraat #skinder #seermaak #bid #verdien