Elkeen van ons het n verlede. ‘n Mooi verlede, n hartseer verlede, n gelukkige verlede, n spanningsvolle verlede, iets van alles. Nie een van ons se verlede bestaan slegs uit een van hierdie aspekte nie. Tog is ons so geneig om soms net die moeilike en swaar tye te onthou. As ons egter terugdink, sal ons besef hoeveel tyd van opwinding, pret, te tevredenheid, dankbaarheid daar ook was. Mag ons altyd onthou dat ons moet leer uit ons verlede uit. Vandag gaan oor n jaar ook ons verlede wees. Wat gaan jy dan onthou van dit wat nou jou hede is?

Ek dink dat hoe meer ons daarop fokus dat vandag, die hier en die nou, n geskenk is, hoe makliker gaan dit wees om met dankbaarheid terug te dink aan die verlede. Vandag se geskenk word mos more se verlede, dan nie? 

Die toekoms is iets wat vir mense soms vreesaanjaend lyk. Die onsekerheid van wat die lewe hulle kant toe kan gooi, het die potensiaal om vandag se geskenk wat ons ontvang, bietjie te versuur. Dit is nie altyd maklik nie, maar as ons ingesteldheid positief is, kan ons na die toekoms uitsien met n verwagting, kan die toekoms ons motivering word om dag vir dag, geskenk vir geskenk, uit te sien daarna. 
Moenie nalaat om vandag se geskenk oop te maak nie, want môre het jy nie meer die geleentheid nie. Môre gee vir jou weer n nuwe geskenk. Vat vandag se geskenk met albei hande vas, maak dit oop en geniet dit wat verniet vir jou gegee word. Dan sal jy môre met n mooi herinnering kan terugkyk na gister, na die verlede. En dan sal jy ook met n verwagting kan kyk na môre, jou toekoms. 

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#past #present #future #geskenk #verwagting #lesson

A person standing on a mountain

Description automatically generated with medium confidence

Sent from my iPhone