Ek plaas die prentjie links onder elke jaar, want ja, dit is ek! Jy ook? Ek eet daardie sjokoladetjies wat vir my kinders bedoel is, skelm op as hulle nie tuis is nie en maak dan of hulle pa dit geëet het 😂

Ek is mál oor Kersfees en die Kerstydgevoel. Natuurlik besef ek waaroor dit regtig gaan, maar die Kersseisoen hou vir my maar nog altyd n groot bekoring in. Adventkalenders trek my soos n magneet en ek en die kinders het die 2 aan die regterkant hierdie jaar persent gekry, n baie groot bederf van Dr. Christa Schmidt, veearts by Animaland dierehospitaal in Vaalpark. Sy is eintlik van Duitse afkoms, elke jaar gee sy vir my die mooiste adventkalenders so reg uit Duitsland uit. Hierdie ene regs onder het allerhande klein botteltjies en roompies en sepies en heerlike bederfies in – een vir elke dag se venstertjie wat jy oopmaak, ek voel soos n kind elke dag! En kroek maar ook party 
dae wanneer ek die kind in my nie in toom kan hou nie …
Dankie Christa, jou liefde en vrygewigheid maak my kinderlik opgewonde!