Vandag mis ek my ma ekstra baie. 
Ek mis dit dat my Ma gewéét het wanneer ek gespanne of hartseer of ‘af’ was, sonder dat ek dit hoef uit te spel. 
Ek mis dit dat my Ma altyd bereid was om my te kom help by die huis en/of met die kinders wanneer ek hulp nodig gehad het.
Ek mis dit dat my Ma die skindernuus van mense wie ek ken, maar in wie ek nie noodwendig meer belanggestel het nie, met my gedeel het.
Ek mis dit dat my Ma vir my sop gekook het en dan 380 km ver met dit by haar voete na my toe gery het.
Ek mis dit dat my Ma vir my klere op n uitverkoping gekoop het. 
Ek mis dit dat my Ma op die mees ongeleë tye kon bel en dan haar tyd met die gesprek geneem het.
Ek mis dit dat my Ma my meubels in my huis rondgeskuif het sonder om dit vir my te sê (en dit my dan geïrriteer het wanneer ek in die goed vasgeloop het).
Ek mis dat ek toe nog n mooi tuin gehad het omdat my Ma nog daarin rondgewoel het.
Ek mis dit dat my Ma altyd lekker tee kon maak.
Ek mis dit dat my Ma met haar twee hande vars lemoensap in die winter vir my uitgedruk het.
Ek mis dit dat my Ma my kinders se ouma was. 
Ek mis dit om dinge te deel met my ma. 
Ek mis dit dat my Ma trots was op my.

Ek mis dit dat my Ma vir my gebid het, soos net n Ma vir haar kind kan bid. 

Ek mis my Ma wat hemel toe is. 

Ek mis my ma. Punt. 

Share hierdie gerus as jy jóú ma mis wat hemel toe is of as jy n vriendin het wat háár Ma mis wat ook hemel toe gegaan het. 

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/