Ek bid vir jou dat die Here in 2023 saam met jou sal wees. 
Ek bid vir jou dat jy n weermag sal kan stormloop, omrede die Een wat die geveg wen, aan jou sy is. 
Ek bid vir jou dat jy die son agter elke donker wolk sal soek, want die son IS altyd daar. 
Ek bid vir jou dat jy die keuse elke dag sal maak om dinge op God se manier te doen en nie net op jou eie manier nie. 
Ek bid dat God jou hart daagliks sal vernuwe, sodat jy passievol tot Sy eer kan lewe. 
Ek bid dat die vrug van die Heilige Gees volop in jou lewe sal wees – liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Ek bid vir elkeen van julle voorspoed, genade en seën toe vir 2023. Ek gun jou al die mooi en ook die vrede en die hoop wat daar is wanneer God in jou lewe is. 

Liefde.
Janine

janine@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/