Dit is steeds borskankermaand, daarom is dit goed dat sosiale media en mense meer praat daaroor, sodat daar meer bewusmaking gedoen word van nie slegs borskanker nie, maar enige kanker. 
Kanker kan jou lyf misvorm.
Kanker kan jou sieker as siek laat voel. 
Kanker kan met tye jou lewensvreugde heeltemal wegvat. 
Kanker kan jou baie finansiële spanning bring. 
Kanker kan jou laat wakker lê van bekommernis. 
Kanker kan jou vrese voed. 
Kanker kan soveel meer as dit doen – veral indien jy dit toelaat. 
Kanker het egter nie alle mag oor jou nie, maar dit sal wel soveel vat soos wat jy dit toelaat om van jou te vat! 
Lees gerus die onderstaande en deel dit met mense en geliefdes wat n pad met kanker stap. Dit is nodig om ook dít van kanker te weet.

Janine