Dit is alweer Maandag. Dit kan ons mismoedig maak, of ons kan besef wat se voorreg dit is om nog n week te ontvang. Ek weet nie wat die week vir jóú inhou nie, maar hoe jy die week aanpak, kan baie dinge bepaal.

Die enigste manier om jou week aan te pak, is om nie vas te kyk in jou week nie. Nee, kyk op, kyk Boontoe, na Hom, dan sal jy wel enige iets wat hierdie week vir jou mag inhou, kan hanteer. Wanneer jy na Bo kyk, ontvang jy genoeg krag en genoeg genade om die uitdagings van elke dag van hierdie week aan te pak.

Mag jy hierdie week op die regte manier en veral saam met die Regte Persoon, aanpak. 

Psalm 121:1-2
“’n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.”


Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#week #maandag #aanpak #moed #voorreg #mismoedig