Is dit nie wonderlik dat die Here se beloftes aan ons altyd, dag na dag, jaar na jaar, dieselfde bly nie? Nooit word n belofte verbreek, of aangepas, of is dit nie meer van toepassing nie. Dit is presies waar Sy beloftes verskil van díe wat ons as mens maak. Ons vergeet so maklik van n belofte wat ons aan iemand maak. Of ons stel dit uit. Of ons pas dit sommer net gerieflikheidshalwe aan soos wat dit ons pas. Ons vergeet selfs ons beloftes wat ons aan Hom maak. Vandag dink ek weer aan dít wat ek die Here belowe het ek as Sy kind sal doen. 

Gebed:
Dankie Vader, dat U beloftes aan ons elke môre nuut is. Dankie dat ons weet dat U beloftes altyd getrou en standvastig is. 
Amen

Groete
Janine