Vandag is n ‘Dankie Here dag’

Dankie Here, dat ek vanoggend wakker geword het.
Dankie Here, dat die son vanoggend opgekom het.
Dankie Here, dat die voëltjies so gelukkig buite sing.
Dankie Here, dat ek lief kan wees vir ander mense en dat daar mense is wat lief is vir my.
Dankie Here, dat U sorg vir my.
Dankie Here, dat U die beste vir my beplan.
Dankie Here, dat alles ten goede sal meewerk, want ek glo.
Dankie Here, dat ek lewe en 
Dankie Here, dat ek die voorreg het om Dankie te kan sê.

Ek hoop dat jy ook n ‘Dankie Here dag’ sal hê.

Groete
Janine