Daar is min dinge wat so seermaak soos wanneer jy geoordeel word. Dit het al met jou ook gebeur, né? Veral wanneer iemand jou oordeel oor iets en daardie iets dan nie die volle waarheid is nie. Help dit dat jy jouself dan probeer verdedig? Gewoonlik nie. Daardie persoon het jou in die eerste plek geoordeel sónder om die regte feite deur jou te hardloop. Nee wat julle, as iemand jou oordeel oor iets wat jy voel géénsins regverdig was nie, stap dadelik weg. Moenie jouself oor en oor probeer verdedig nie. Jy is meer werd as dit. 

Bottomline, ons moet versigtig wees om te oordeel. Om vingers te wys. Voordat ons oordeel moet ons seker maak dat óns perfek is. Indien nie – mind your own business! 

Groete
Janine

info@themustardseedwithin.co.za
083 634 8020
https://themustardseedwithin.co.za/

#oordeel #feite #onregverdig #mindyourownbusiness